Tot die tyd ryp is
Ek sal vir myself 'n paadjie uitkap
deur hierdie woud; teen steiltes uit,
deur ruwebos; ook vlugroetes,
'n agterdeurtjie vir gevaar bewaar.
Ek sal vir my 'n voetpaadjie uitkap
teen jou hartseer strand; al langs
die branders, van jou hart se wand.